Sneeu

Karnaval – 11 Mei 2012

Ons is ook besig om greed te maak vir ons groot karnaval wat gaan plaasvind op 11 Mei. Ons is dan ook besig om ‘n vlot te bou wat ons met blommetjies gaan versier – alla student wees. Hier is van ons kinders besig om blommetjies te sny en te vou.

 

 

 

Suiwel as ‘n tema

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons juniors is besig om suiwel te behandel en ons het ‘n koei gereel wat die kinders kon melk.

Enslin Smit

Enslin Smit het deelgeneem aan die Rotary “Children for Children” Art Competition en het ongelooflik goed gedoen. Die tema was “I love the Vaal” . Enslin se kunsstuk is aangewys as die wenner in die Graad 4-7 kategorie. Die groot prys was egter toe dieselfde kunsstuk ook as algehele wenner aangewys is uit ‘n totale inskrywingstal van 1 350 kunsstukke. Enslin het agv daarvan verskeie pryse gewen: 12 boeke, 1 woordeboek, 4 readers digest, 1 maand se gratis kunsklasse en R1 500 se geskenkbewyse. Ons is voorwaar trots op hom.

Ma en dogter dag

Ons het op 5 November ‘n baie suksesvolle ma en dogter dag aangebied

Gauteng Mental Maths

Marinè het deelgeneem aan die “Gauteng Mental Maths” kompetisie waar sy deurgedring het tot op Provinsiale vlak. Sy het toe onder die top 15 in Gauteng geeindig.

Provinsiale Geletterdheidsfees

Evie en Layla het Sedibeng Wes verteenwoordig by die Provinsiale Geletterdheidsfees en het baie goed gevaar.

So vier ons baasdag!

Eligwa hou Loslitdag

Die Nasionale tema was “Rock and Roll”.