Karnaval

Laerskool Eligwa het ‘n baie suksesvolle karnaval aangebied met die renoster as tema. Om ‘n bydrae te lewer om hierdie pragtige dier te bewaar en te beskerm het Eligwa ‘n muntlegging gehou en is ‘n bedrag van R3 000 geskenk aan die SANP Veldwagters vereniging.

Ons tweeling!!!

Laerskool Eligwa spog met ‘n tweeling in Graad 1 vanjaar.
Hulle is van links na regs: De-Waal Rothman, Juffrou Leonie Herholdt en Theo Rothman

Ons het Afrikaans is Groot gaan kyk!

Bye!

Dankie oom Louis vir die verwydering van die bye op bokant ons spreiligte.