Naskoolsentrum

Laerskool Eligwa beskik oor 'n ten volle toegeruste naskoolsentrum op die skoolterrein. Dit word deur opgeleide onderwyseresse behartig wat leerders met hulle huiswerk en probleme help.

Ons leuse bly altyd: "HUISWERK EERSTE!"
Ons is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond en ketel om die leerders se kos wat hulle saambring warm te maak. Koeldrank, koffie en warmsjokolade word deur ons voorsien, asook 'n snoeperytjie soos skyfies, lekkers of ysies word aan leerders verskaf.

Leerders vanaf die Gr. R-klasse word om 12:30 by hul klasse gehaal en na die Naskoolsentrum gebring. Ander leerders kom direk na skool na die klas waar die register eers geneem word en hulle dan eet en drink. Daarna mag die Gr. R, 1, 2, en 3 leerders wat klaar is met hulle huiswerk gaan speel in die binnehof terwyl die Gr. 4, 5, 6 en 7 leerders hulle huiswerkboeke bring om geteken te word en dan word huiswerk punt vir punt afgemerk en afgehandel. Ons is gedurig in verbinding met die onderwysers sodat ons maklik kan seker maak van enige onsekerhede. ONS BESKIK OOR 'N TEN VOLLE TOEGERUSTE NOODHULPTAS MET GENOEG PLEISTERTJIES EN SALFIES OM ELKE SKRAPIE TE DOKTER.

Ons beskik ook oor opvoedkundige speelgoed soos legkaarte, boublokkies, balle, hoepels, springtoue en ander speelgoed. Vrydae en laat middae kyk die leerders videos en DVD's wat streng gekeur word.

KOSTES:- Kontak die skool vir meer besonderhede
(Ons het geen inskrywingsfooie nie)
NASKOOLURE: Direk na skool tot 17:00
Die Naskoolsentrum is slegs gedurende skoolkwartale beskikbaar en nie vakansies nie.

Opvoedkundige Adviseur

LAERSKOOL ELIGWA is bevoorreg om 'n Opvoedkundige Adviseur op die perseel te hê. Dr. Boshoff is in diens van die skool en is Donderdae en Vrydae beskikbaar per afspraak. Hierdie is 'n gratis diens wat deur die skool gelewer word en ouers is welkom om daarvan gebruik te maak.

Dit is vir ons skool belangrik dat ons kinders gelukkige kinders moet wees by die huis sowel as by die skool. Hulle moet vry wees van sorge en bekommernisse sodat hulle al hul energie , fisies sowel as emosioneel, kan aanwend om optimaal te presteer op akademiese sowel as nie-akademiese gebied.

Om ons kinders in hierdie opsig by te staan en te ondersteun, is die dienste van die Opvoedkundige Adviseur by die skool beskikbaar.

Kleredrag

Somersdrag:
Seuns:
Wit hemp met grys kortbroek
Swart skoolskoene met lang grys kouse of kaalvoet
Navy oortrektrui kan gedra word
Navy trui of drimac vir koeler dae
Kleurbaadjie met das (opsioneel)

Dogters:
Wit hemp met navy broekromp
Swart skoolskoene met lang grys kouse of kaalvoet
Navy oortrektrui kan gedra word
Navy trui of drimac vir koeler dae
Kleurbaadjie met das (opsioneel)

Wintersdrag:
Seuns:
Wit hemp met grys langbroek
Swart skoolskoene met lang grys kouse
Navy trui of drimac
Kleurbaadjie met das (opsioneel)

Dogters:
Wit hemp met grys langbroek ('n dogterssnit is beskikbaar)
Swart skoolskoene met lang grys kouse
Navy trui of drimac
Kleurbaadjie met das (opsioneel)

Vrydagdrag:
Seuns:
Navy Quantac broek met Emeraldgroen Eligwa hemp
Kaalvoet
Wit, swart of navy tekkies met kort wit kouse

Dogters:
Navy Quantac broek of broekromp met Emeraldgroen Eligwa hemp
Kaalvoet
Wit, swart of navy tekkies met kort wit kouse

Klerewinkel en klerebank

Ure
Maandag 07:00 - 07:30 12:00 - 13:30
Woensdag 07:00 - 07:30 12:00 - 13:30
Vrydag 07:00 - 07:30 12:00 - 13:30
Klerebank sal enige iemand in nood help buite die ure indien nodig. Kontak Mev. Lorette Pieters by 082 565 4295.

Die klere se pryse is op aanvraag beskikbaar by die kantoor of by Mev. Lorette Pieters

Snoepie

Verskillende kossoorte word te koop aangebied by die snoepie.
Koeldranke, skyfies en lekkers is elke dag beskikbaar
Vir meer besonderhede kontak Lorette Pieters by 082 565 4295.