|
| Inskrywingsvorm Gr. R & RR: | |
Hier is ons klassies!
|
|
| Vlindertjieklas van juffrou Jacoba | Kaboutertjieklas van juffrou Lilly |
|
|
| Paddatjieklas van juffrou Miemie | Skilpadbesieklas van juffrou Nannie |
|
|
| Bytjieklas van juffrou Jeani | |
Ontmoet ons juffrouens!
|
|
| Mev Miemie Muller - Paddatjies | Mev Jacoba de Kock - Vlindertjies |
|
|
| Me Nannie Denton - Skilpadbesies | Mev Lilly Pieterse - Kaboutertjies |
|
|
| Mev Jeani du Plessis - Bytjies | |
|
|
|
|
Hartlik welkom by Eligwa Pre-Primêre skool!
Mag 2012 vervul wees met GROOT DROME, GROOT DENKE en GROOT DADE.
Ons as personeel onderneem om nie net hierdie jaar suksesvol te wees nie, maar om werklik MERKWAARDIG te wees. Ons kies om maksimaal in u kind te deponeer. Wat ‘n groot voorreg het ons nie, om in u kosbare kind ‘n daadwerklike verskil te maak nie.
SKOOLFONDS
• Dit beloop R4 500 per jaar, ongeag die aantal leerders uit ‘n gesin.
• Registrasie R100, Skoolfonds R4 400.
• R400 per maand oor 11 maande, betaalbaar voor die 7e van die maand.
• R3 960 (korting van 10%) indien volle bedrag voor 31 Maart 2012 betaal is.
• Debietorder oor 12 maande R358 per maand (korting van 2,5%)
• Januarie se paaiement is onmiddellik betaalbaar.
• Geen subsidies, finansiële hulp of uitstel is vir die kleuterskool beskikbaar nie.
VRYDAG-HEMPIES
Te koop by die grootskool se Snoepwinkel.
SKOOLURE
Volgens Departementele voorskrifte is die skoolure 7:30 tot 13:00. Die hekkie sal daarvolgens oop- en toegesluit word.
Vir die eerste week kom die skool stiptelik 12:00 uit.
SNOEPIE
• Vrydae
• Tot en met R10 per leerder.
• Geen broodjies sal voortaan te koop aangebied word nie.
KOSPAKKIE
Maak asb. seker dat u kind ‘n behoorlike ontbyt nuttig. Verversingstyd is eers 10:00.
Stuur asb. ‘n gesonde kospakkie en iets te drinke saam. Beperk lekkers en kleurstowwe tot die minimum.
Wie vandag se kinders vergeet, het môre se tieners en oormôre se volwassenes reeds verloor.*Paidion*
Vriendelike groete
Hoof en Personeel
LYS VAN BENODIGDHEDE 2012
GRAAD R en RR
• Klein stomppunt skêrtjie
• 2 x A4 Koevertsakkies
• Uitdraaikryt Mon-Ami of Staedtler (12’s)
• Triplus Junior Grip pencils (potlode) – Faber Castle (12’s)
• 2 x 40 g Pritt
• Inkleurboek met groot prente (nie “Dots”) 120 bladsye
• Legkaart – uitdaging vir kind Graad R: 24, 36 of 48 stuk
Graad RR: 12, 18 of 24 stuk
• Podgy Pastels (10’s)
• Bostik of Clear gom
• Tissues
• Seuns 6 toiletrolle, Dogters Pakkie Band Aid strips
• Boontjiesakkie (Verkieslik die kleur van die kleuter se klas)
• Springtou
• Hoela Hoop
• Skooltassie, kosblik en botteltjie wat nie lek nie
• 2L leë roomysbak
Klik hieronder vir ons dagprogram en temas
| Dagprogram en Temas |