Karnaval - 11 Mei 2012
Laerskool Eligwa het op Vrydag 11 Mei 'n baie suksesvolle karnaval aangebied.
Die karnaval is voorafgegaan met 'n Mnr/Mej Eligwa op 9 Mei.
Die wenners van die Mnr/Mej Eligwa seniors was Armand de Bruyn vir die seuns en Kayleigh Beukes vir die dogters.
Die Junior wenners was Ethan Tarboton vir die seuns en Bronwyn du Preez by die dogters.
Eligwa het hul eie vlot gebou en versier en daarna deur die strate gery om met die pragtige vlot tesame met die skoonhede te spog.
Na afloop van die optog het die karnaval in alle erns begin.
Daar was 'n skaaploop aangebied en 'n gelukstrekking vir 'n blesbok.
Baie speletjies is ook die betrokke dag aangebied wat insluit waterbalonne, gholf, jukskei, bokdrolspoeg, windbuks, veerpyltjies, tombola,
vang die koeldrankbottel, muisslaan en vele meer. 'n Spookhuis saam met waterkaskenades het ook vir baie pret gesorg.
Baie eet- en drinkgoed het die mae vol gehou. Die dag is afgesluit met 'n braaivleis.
Laerskool Eligwa bedank graag al sy personeel, ouers en leerlinge wat van hierdie dag so 'n reuse sukses gemaak het.
Ons wil graag veral aan al ons borge baie dankie sê vir jul positiewe gesindheid en wonderlike betrokkenheid by ons skool.
Karnaval in aksie!
(Foto's met vergunning van Jean du Plessis Mooivaal Media)
Mnr en Mej Eligwa
(Foto's met vergunning van Jannie du Plessis Mooivaal Media)
Ons vou blommetjies vir ons karnavalvlot!