Tereze Viljoen (Gr.4) ,Marcelle Samons (Gr.7), en Micha Schoeman (Gr.4) het hierdie jaar deelgeneem aan die ATKV-redenaarskompetisie.
Hulle het onderskeidelik baie duidelik hulle standpunte gestel nl:

Micha Schoeman - Herwinningsluiaards hoort agter tralies.
Tereze Viljoen - Familiename is 'n stroopsoet, taai tameletjie.
Marcelle Samons - Knoop vir knoop wikkel ons ons taalkraaines al stywer vas.

Hulle het hulle baie goed van hul taak gekwyt en Marcelle het deurgedring na die Halfeindronde wat op 20 Mei plaasvind.

Ons heel beste wense vergesel haar na die kompetisie.

Baie geluk Marcelle, ons is so baie trots op jou.


Marcelle Samons