Netbal 24 Mei

Oospark te Eligwa

Oefen wedstryd

Netbal te Eligwa

Rugby 10 Mei

L/S Kollegepark

Netbal 5 Mei

Netbal te Noordhoek

Rugby 3 Mei

Vaalpark te Laerskool Eligwa

Mini-Netbal

Vrydag, 22 April te Laerskool Totius

Mini-Rugby

Vrydag, 22 April te Laerskool Totius

Oefenwedstryd

Ons o/9, 0/11 en o/13 seuns het Donderdag, 21 April die middag op die veld geniet. Dankie Laerskool Frankfort vir die besoek.

Skaakspan 2022

Mini-sportdag

"Moenie wag vir die geleentheid nie. Gaan haal dit en maak dit joune!" Opkomende sportssterre van verskillende skole het vandag hul vaardighede vertoon én verbeter! Dit was goed om weer na 2-jaar van grendeltyd, te doen wat vir ons kinders "lekker" is ! ELIGWA is dankbaar... so ook ons BESOEKERS!!

o/10 Rugby te Vryheidsmonument

"Spansport doen meer as om kinders fiks te hou...is ook goed vir die fisieke, geestelike en emosionele welstand van die deelnemers.
Kinders leer om almal - die afrigter, spanmaats en die opponente - op en van die veld of baan af, te respekteer...ook respek vir die reëls van die spesifieke sport en die gevolge as hulle nie die reëls nakom nie." Melodie Veldhuizen

o/ 11- Rugbyaandreeks

Na TWEE jaar terug op die rugbyveld...wat 'n voorreg! Nie eers die sagte motreën kon die spelers van verskeie skole stuit nie. Gehardloop...geduik...geskop...geskrum én hulle harte uitgespeel! Baie dankie aan al die uitnodiginspanne! Ons doen gou weer so!

Tuisbyeenkoms

"Wanneer jy die gees van 'n atleet het, het jy 'n hoop op die lewe." Max Popper Ons atlete het weereens in goeie gees deelgeneem. Dankie vir almal se deelname. Dankie ouers vir jul teenwoordigheid en jul motivering. Atlete, julle is almal wenners! 'n Paar foto's...van die kantlyn af... Dinsdag, 15 Februarie. 'n paar gelukkige gesiggies. Uitnodigingsbyeenkoms....Kollegepark, Totius en Laerskool Eligwa

Oubaas Coetzee byeenkoms

Baie geluk aan al die atlete wat 14 Februarie aan die Oubaas Coetzee Atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Ons is trots op elkeen van julle....Vasbyters, Aanhouers en Uithouers!

Uitnodigingsbyeenkoms

Op 9 Februarie het ons die voorreg gehad om by Hoërskool Driehoek te kon deelneem. Dankie vir hierdie geleentheid.

Uitnodigingsbyeenkoms

Op 4 Februarie het ons gaan deelneem by Laerskool Vryheidsmonument. Baie dankie vir die uitnodiging.

Tuisbyeenkoms

Op 28 Januarie het Laerskool DF Malherbe en Laerskool Totuis ons vergesel vir 'n energie-belaaide middag gevul met blitsvinnige atlete, toejuigende toeskouers en gesonde sportmansgees.