ELIGWA beskik oor 'n Junior (Graad 3 - 5) en Senior (Graad 6 - 7) tennisspan.

Vanaf die 2de kwartaal vind daar daagwedstryde plaas op Woensdaemiddae om 'n Junior en Senior span te kies. Gedurende die 3de en 4de kwartale sal daar tennis wees vir die Graad 1 en 2 leerlinge om moontlik in die Junior span opgeneem te word. Die oefeninge sal plaasvind op Woensdae vanaf 12:30 - 13:30. Die tennisbane is elke middag beskikbaar tot 17:30 vir spelers om hul tennis te verbeter.

Eligwa het 'n profesionele afrigter wat Maandaemiddae by die tennisbane beskikbaar is. Vir meer besonderhede kontak Mev. Annietjie Visser by die skool.