Laerskool Eligwa beskik oor ‘n ten volle toegeruste naskoolsentrum op die skoolterrein. Dit word deur opgeleide onderwyseresse behartig wat leerders met hulle huiswerk en probleme help.

Ons leuse bly altyd: “HUISWERK EERSTE!”
Ons is toegerus met ‘n yskas, mikrogolfoond en ketel om die leerders se kos wat hulle saambring warm te maak. Koeldrank, koffie en warmsjokolade word deur ons voorsien, asook ‘n snoeperytjie soos skyfies, lekkers of ysies word aan leerders verskaf.

Leerders vanaf die Gr. R-klasse word om 12:30 by hul klasse gehaal en na die Naskoolsentrum gebring. Ander leerders kom direk na skool na die klas waar die register eers geneem word en hulle dan eet en drink. Daarna mag die Gr. R, 1, 2, en 3 leerders wat klaar is met hulle huiswerk gaan speel in die binnehof terwyl die Gr. 4, 5, 6 en 7 leerders hulle huiswerkboeke bring om geteken te word en dan word huiswerk punt vir punt afgemerk en afgehandel. Ons is gedurig in verbinding met die onderwysers sodat ons maklik kan seker maak van enige onsekerhede. ONS BESKIK OOR ‘N TEN VOLLE TOEGERUSTE NOODHULPTAS MET GENOEG PLEISTERTJIES EN SALFIES OM ELKE SKRAPIE TE DOKTER.

Ons beskik ook oor opvoedkundige speelgoed soos legkaarte, boublokkies, balle, hoepels, springtoue en ander speelgoed. Vrydae en laat middae kyk die leerders videos en DVD’s wat streng gekeur word.

Die Naskoolsentrum is slegs gedurende skoolkwartale beskikbaar en nie vakansies nie.

Die skool beskik oor dienste van ‘n Naskoolsentrum wat daagliks vanaf 12:45 tot 17:30 funksioneer. Indien u meer inligting verlang, kontak Mev. Sherron de Koker by 082 354 5718