Welkom by ons webblad!

Laerskool Eligwa is geleë aan die oewer van die Vaalrivier en word beskou as een van die toonaangewende skole in die Vaaldriehoek. Ons onderwyskorps is voortreflik en toegewyd en beskou dit as hul voorreg en roeping om elke leerling sy volle potensiaal te laat bereik. Ons is ook trots op ons waardes wat oral op die terrein gesien kan word en is altyd bereid om te vernuwe. Ons beskik oor 'n fantastiese ondersteuningsnetwerk en dinamiese bestuurspan. Ons waarborg dat daar 'n geleentheid vir elke kind sal wees wat hard werk en wil presteer. Laerskool Eligwa is kindgedrewe en ons leef die skool se leuse uit naamlik: Streef steeds hoër! Ons kan slegs sukses behaal indien ons hande vat en as 'n span saamwerk. Hartlik welkom aan ons nuwe personeel, ouers en leerlinge. Mag elkeen baie gelukkig wees en dadelik inskakel by ons wenspan. Eligwa groete, Bennie Boshoff
.Ons eie “branded” kouse om saam met sportdrag, Vrydagdrag en sweetpakke te dra.

Ons neem op ‘n gereelde basis foto’s van ons leerlinge gedurende sportbyeenkomste of ander skoolaktiwiteite. Indien u nie wil hê dat u kind se foto op Facebook geplaas mag word nie, versoek ons u vriendelik om ‘n skrywe aan die skool te rig.
Dankie aan Chantall Nel vir die advertering op IFM, Craig Van Der Walt vir die motor club, Gia-Lee se mamma vir die borg van die seep en Economic butchery vir hulle spoedige en vriendelike diens!
Dankie ook aan elke ouer en leerder wat kom help het.
Laastens, dankie vir elke ondersteuner wat die moeite gedoen het om Laerskool Eligwa te kom ondersteun, ons waardeer dit opreg!