Welkom by ons webblad!

Gif-gif

Laerskool Eligwa is geleë aan die oewer van die Vaalrivier en word beskou as een van die toonaangewende skole in die Vaaldriehoek. Ons onderwyskorps is voortreflik en toegewyd en beskou dit as hul voorreg en roeping om elke leerling sy volle potensiaal te laat bereik. Ons is ook trots op ons waardes wat oral op die terrein gesien kan word en is altyd bereid om te vernuwe. Ons beskik oor 'n fantastiese ondersteuningsnetwerk en dinamiese bestuurspan. Ons waarborg dat daar 'n geleentheid vir elke kind sal wees wat hard werk en wil presteer. Laerskool Eligwa is kindgedrewe en ons leef die skool se leuse uit naamlik: Streef steeds hoër! Ons kan slegs sukses behaal indien ons hande vat en as 'n span saamwerk. Hartlik welkom aan ons nuwe personeel, ouers en leerlinge. Mag elkeen baie gelukkig wees en dadelik inskakel by ons wenspan. Eligwa groete, Bennie Boshoff

.
Ons eie “branded” kouse om saam met sportdrag, Vrydagdrag en sweetpakke te dra.
Branded kouse

Ons neem op ‘n gereelde basis foto’s van ons leerlinge gedurende sportbyeenkomste of ander skoolaktiwiteite. Indien u nie wil hê dat u kind se foto op Facebook geplaas mag word nie, versoek ons u vriendelik om ‘n skrywe aan die skool te rig.

Laerskool Eligwa updated their cover photo.

1 day 11 hours ago

Laerskool Eligwa

1 day 12 hours ago

Laerskool Eligwa

1 day 12 hours ago

Laerskool Eligwa

1 day 17 hours ago

Laerskool Eligwa added 110 new photos.

2 days 6 hours ago

REVUE 2026 – tOEPS!

Wat ’n ongelooflike paar aande vol talent, musiek, dans en energie! Ons leerders het ons ongelooflik trots gemaak.

’n Groot dankie aan ons leerders, personeel, afrigters, ouers en almal agter die skerms vir julle harde werk en ondersteuning.

Baie dankie aan Loud Level Productions vir die fantastiese klank en beligting, asook Dvb production vir die video-opname.

Ons harte is vol trots en dankbaarheid. Wat ’n onvergeetlike Revue!