ETOS

Laerskool Eligwa het Christelike waardes. Daar is dus ruim geleentheid vir godsdiensbeoefening. Dit word ook raakgesien in die skool se kultuur van respek, eerlikheid, integriteit , en billikheid

KERNWAARDES

Laerskool Eligwa glo aan ‘n holistiese benadering waar leerders gebalanseerd ontwikkel word tot volwasse Suid Afrikaanse burgers.

– Ontwikkeling van ‘n goed opgeleide en dinamiese personeelkorps.

– Aktiewe ouerbetrokkenheid as primêre opvoeder met integriteit.

– Handhawing van goeie en gesonde dissipline.

– Waardes en normes wat godsdienstig gefundeer is.

– Die gesonde vestiging van positiewe verhoudings met alle belangegroepe oa. leerders, personeel, borge, gemeenskap, ouers en onderwysdepartement.

– Die effektiewe en gesonde funksionering van die beheerliggaam en skoolbestuur.

– Die optimale benutting van menslike en fisiese hulpbronne.

– Die vestiging, koester en voortbou van tradisionele kernwaardes.

– Die skep en handhawing van wedersydse respek.