By die magtig’ Vaalrivier se stroom
Waar wilgers loom in hul sonnedroom,
Het ons skool hier wortel geskied;
Eligwa-skool wat alles ons bied!
Hier voel ons geborge,
Gekoester en vry van sorge.
Ons word tot nuwe kennis gelei,
En so vir die toekoms voorberei.
Dis ook ‘n leerskool vir die lewe:
Om na die boonste sport te strewe!
Ons dien ons God, ons Volk, ons Vaderland,
laat ons leuse weerklink van kant tot kant:
“Streef steeds hoër!”, Streef steeds hoër!”.
“Streef steeds hoër!”, E-lig-wa-skool!