CHEERLEADERS
Ons cheerleaders is ‘n lewendige en energieke groep waar leerders dans en akrobatiese bewegings kombineer met die gebruik van pom poms. Dit bevorder fisiese fiksheid, koördinasie, selfvertroue en spanwerk. Ons cheerleaders neem deel aan kompetisies en tree op by skoolgeleenthede om ons skoolgees te versterk.
