Welkom by ons webblad!

Gif-gif

Laerskool Eligwa is geleë aan die oewer van die Vaalrivier en word beskou as een van die toonaangewende skole in die Vaaldriehoek. Ons onderwyskorps is voortreflik en toegewyd en beskou dit as hul voorreg en roeping om elke leerling sy volle potensiaal te laat bereik. Ons is ook trots op ons waardes wat oral op die terrein gesien kan word en is altyd bereid om te vernuwe. Ons beskik oor 'n fantastiese ondersteuningsnetwerk en dinamiese bestuurspan. Ons waarborg dat daar 'n geleentheid vir elke kind sal wees wat hard werk en wil presteer. Laerskool Eligwa is kindgedrewe en ons leef die skool se leuse uit naamlik: Streef steeds hoër! Ons kan slegs sukses behaal indien ons hande vat en as 'n span saamwerk. Hartlik welkom aan ons nuwe personeel, ouers en leerlinge. Mag elkeen baie gelukkig wees en dadelik inskakel by ons wenspan. Eligwa groete, Bennie Boshoff

.
Ons eie “branded” kouse om saam met sportdrag, Vrydagdrag en sweetpakke te dra.
Branded kouse

Ons neem op ‘n gereelde basis foto’s van ons leerlinge gedurende sportbyeenkomste of ander skoolaktiwiteite. Indien u nie wil hê dat u kind se foto op Facebook geplaas mag word nie, versoek ons u vriendelik om ‘n skrywe aan die skool te rig.

Laerskool Eligwa

1 day 16 minutes ago

Kayvian Gorrie neem die naweek deel in die 60m en 80m by die ASA Klub SA’s in Potchefstroom. Ons is trots op jou

Laerskool Eligwa

1 day 21 hours ago

"Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God die eer
Skenk 'n helder somerkersfees aan hierdie land en Eligwa, Heer!"
Baie dankie Leiers 2025 en ouers! Dankie, julle aanhouers en uithouers, vir die GROOT PERSOONLIKE BEDERFIES! Dit was 'n fees!
🎄✝️🎁🎄

Laerskool Eligwa

4 days 17 hours ago

"Sê nou maar ek blom hier in die stukkie grond waar ek geplant is en jy blom in die stukkie grond waar jy geplant is..." Ef. 5:16

Laerskool Eligwa

5 days 23 hours ago

Laerskool Eligwa

6 days 4 hours ago

As u dalk vandag gesukkel het om ons kantoordames raak te sien...hulle was goed gekomoefleerd😜
"Mixie- Matchy"