Graad 4 GESKIEDENIS 2023 Vervoer Oor Die Tye Heen... Ons leerders stel belang... "'n Geslag wat die geskiedenis ignoreer, het geen verlede en geen toekoms nie."

Die arendkompetisie is terug! Hierdie keer word die kompetisie vergesel met Barend gedurende pouses. Die tema is herwinning, waar ou arendkompetisie aktwiteite teen 'n goedkoop prys van R1 verkoop word. Daar is lekker pryse wat met 'n weeklikse gelukstrekking gewen kan word. Besoek die kompetisie-stalletjie gedurende pouses om deel te neem en 'n kans te staan om vlieglisensies en ander pryse te wen!

Ons leerders het baie goed presteer in die Visuele Kuns afdeling by die Vaaldriehoek Kunstefees A++: 13 A+: 22 A: 21 Trots op elkeen van julle!

Sterkte aan al ons leerders wat vandag aan die spreekkoor deelneem! Al 3 ons spreekkore het 'n A++ ontvang by die Vaaldriehoek Kunstefees. Ons is baie trots op julle!

Ons leerders het baie goed presteer in die Engelse afdeling by die Vaaldriehoek Kunstefees A++: 38 A+: 14 A: 4 Trots op elkeen van julle!

Sterkte aan al die leerders wat vandag aan die Vaaldriehoek Kunstefees deelneem!

Ons leerders het baie goed presteer in die Afrikaanse afdeling by die Vaaldriehoek Kunstefees A++: 65 A+: 17 Trots op elkeen van julle!

Sterkte aan al die leerders wat vandag aan die Vaaldriehoek Kunstefees deelneem!

Here's to strong women, may we KNOW them, may we BE them and may we RAISE them!

Maats is soms nader as 'n broer. Wees 'n goeie maat!

Die graad RR-3 maats was baie opgewonde om vir Barend te sien!

Grade 6 Spelling Bee - Ongelukkig het ons leerders uitgeval maar hulle het hul beste gegee! 1098 woorde om te geleer het en 72 leerders op die verhoog met 'n saal vol mense, ongelooflik!!! Baie trots op julle!

Baie geluk aan Ava Snyman en Katelyn Jones wat deelgeneem het aan die Wetenskap Olimpiade en 'n 1ste plek deel.

Baie geluk aan Leon Jonker en Mareli Jacobs wat deelgeneem het aan die Wetenskap Olimpiade. Sterkte aan Leon Jonker wat deurdring na die Gauteng kampioenskappe.

Graad 4-7 leerders is hard aan die werk om hulle kunswerke te voltooi vir die kunstefees

Die leerlingraad het vandag vir Meneer Boshoff 'n geskenk oorhandig vir sy verjaarsdag wat tydens die vakansie was.

Ons Arend-Mascot: Barend Arendse, het vanoggend sy debuutverskyning gemaak tydens die opwindende saalopening! 🦅 Sy energie en entoesiasme het die atmosfeer laat opvlam terwyl ons leerders saamgekom het in die saal. Ons is trots om hom deel te maak van ons skool se gees en ons sien uit na nog vele onvergeetlike oomblikke saam Barend Arendse. #ArendMascot #gelukbringer #Barendarendse #Barend #Eligwagees #skoolgees

Saalopening 24 Julie - Ons is kosbaar vir God. Hy het elkeen van ons lief en sal ons nooit alleen los nie!

21 Julie - Perfekte skoene vir 'n koue dag! Pantoffeldag 2023

21 Julie - Kringleiers is gereeld vir die eerste VCSV byeenkoms vir die kwartaal. God is goed vir ons!

Saalopening 18 Julie - Samewerking is belangrik om sukses te behaal. Spanwerk is kragwerk! Markus 6:7 Jesus het die twaalf nader geroep en hulle twee-twee begin uitstuur.

Geniet die kwartaal! Hard werk en gee julle bes!

Geniet die vakansie! #maakdiedeuroopchallenge Jakkie Louw Amptelik

Die personeel sluit die kwartaal af met 'n netbalwedstryd. As die manspersoneel die dames vir 'n 🏐wedstryd uitdaag!... VETPRET! Die leerders het hul gunstelinge ondersteun! Ons wens ons onderwysers 'n aangename rustydjie toe. Julle verdien dit! ( Moontlik méér na vandag!🤣🤣)

Graad 6 Spelling 🐝 uitdunne. Baie geluk aan Aiden van den Bon, Nanette Potgieter en Zanell Swart wat deurdring na die volgende rondte van die Spelling🐝 wat Saterdag, 29 Julie plaasvind. Sterkte met die voorbereiding!

Hopaand

Gelukkige Vadersdag!

Graad 2- Klei diere

Opedag! Disney iets wat jy wou mis nie! Ons hoop om al die maatjies wat by ons kom kuier het volgende jaar te sien!

Koekverkoping!

Baie sterkte aan Jonty Farrell, Khaya Dlamini en Migael Potgieter in Graad 7, wat deelneem aan die Wiskunde Olimpiade.

Graad 1L Toespraak oor my gunsteling Suid-Afrikaanse kos😋

Die virtuele akwarium het ons leerders kom besoek! 🐟🐠🐡🦈Wat 'n belewenis was dit nie! Dankie VR Education ons leerders sal dit nooit vergeet nie!

Graad 4 NW 2023 Die watersiklus dien om die balans van die aarde se ekosisteme te handhaaf en om vars water aan alle lewende wesens te voorsien, danksy die hersirkulasie van hierdie lewensbelangrike vloeistof. Ons Gr 4-NW klasse het hiervan geleer en pragtige, praktiese projekte gelewer.

PADHERSTEL...SAAMSTAAN...SAAMWERK Dankie aan elkeen wat die koue trotseer het...moue opgerol en kom help het! Ons waardeer. Ons MOET SAAM BETROKKE RAAK. DANKIE...DANKIE! Ons skoolhoof, onderhoof, manspersoneel, van ons leiers...dankie aan ouers en van ons leerders. Dankie Afriforum en kerkgemeenskap! ASSEBLIEF, ONS HET MEER HANDE NODIG!

Graad - bou jou eie huis

DANKIE!! Nie alleen kry ons kinders voedsame kossies nie, maar leer hulle sommer so saam oulike gediggies!

Baie geluk aan die leerders wat deurdring na die Distrik Kampioenskappe! Trots op julle!

Hard aan die werk. Baie dankie vir die herstel van ons paaie!

Graad 4 Skeppende kunste. Ons maak bewertjies!

Die hoofleiers en onderhoofleiers het vandag by 'n paar kleuterskole gaan kuier. Ons hoop ons sien julle by ons opedag!

Baie geluk aan die leerders wat deurdring na die Distrik Kampioenskappe! Trots op julle!

Sterkte aan die leerders wat vanmiddag aan die Wetenskap-olimpiade deelneem. Ons hou vir julle duim vas!

Baie dankie aan Sentraal Gemeente wat elke jaar soveel moeite doen met Hemelvaartdiens vir ons leerders. Ons waardeer dit opreg!

Die redaksiespan is gereed vir die werk wat wag... Amigo Spur Steak Ranch

Baie geluk aan die leerders wat deurdring na die Distrik Kampioenskappe wat in Augustus plaasvind! Trots op julle!

Baie geluk met die pragtige uitslae by die Wiskunde-olimpiade! Ons is trots op julle! Graad 6 Aiden van den Bon (Eerste plek) Lienka Strydom (vyfde plek) Graad 5 Thomas Floor (eerste plek) Graad 4 Darwin Lerm (derde plek) Christiaan Ebersohn (vyfde plek)

Gereed vir die vraestel!

Sterkte aan die leerders wat vanmiddag aan die Wiskunde-olimpiade deelneem. Ons hou vir julle duim vas!

Gister was die hemelruim se sluise oop...vandag breek sonskyn deur! Ons harte is stil...ons harte is dankbaar.

Dit het "katte en honde gereën"!💦💦

Grade 3 English My dream job! If you want it, work for it.

Gelukkige moedersdag!

Hoe bevoorreg is ons om met vryheid ons geloof uit te leef.

Eligwa... #OMGEESKOOL skool van HARTE 💙💚! Ons kinders is nie net nommers nie!

Meneer sê DANKIE...DANKIE aan elke personeellid vir hul waardevolle bydrae gedurende die 2023 - KARNAVAL. Dankie vir elkeen se betrokkenheid en ondersteuning vir weereens 'n groot sukses.

Stem asb vir Lienka en Ewan! Gebruik die skakel en "Like" hulle tekeninge.

VCSV - 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Ons is lief vir ons land!

Net soos dié 3 appels is ons elkeen anders MAAR God het elkeen van ons met 'n doel geskape en geskep. Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

26 April - Wêreld boekedag

"SPURBEDERF" 'n Wen is 'n WEN ! Net so so was die BEDERF vandag vir die twee wenklasse... Gr R/B Bytjie klas en Gr- 6J. Ongelukkig is daar soms net een wenner in 'n wedstryd! LAERSKOOL ELIGWA sê BAIE DANKIE aan elke PERSOON.... ELKE klas van Laerskool Eligwa, wat bygedra het tot die karnavalborgvormwedstryd. Dankie ook aan Spur Amigo Vaal Mall vir die voorbereiding en bediening van ' n heerlike burger, skyfies en 'n koeldrank! Almal kon nie wág vir die GROOT SPEEL nie! Dit was ook lekker vir die "Bytjies" om 'n "Ouboet" of 'n "Ousus" te kon hê vir die dag! So TROTS op ons leerders!

24 April - Hoe klein is ons in die heelal maar tog kyk God na elkeen vas ons! Psalm 8:4-10 As ek u hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het — wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. o Here, onse Here, hoe heerlik is U Naam op die ganse aarde!

Karnaval 2023 skop af!

Die onderwysers en leerders het baie hard gewerk en kan trots wees op die pragtige krete wat hulle vir ons gelewer het!

Sumo-gevegte

Karnaval PRET!

Rugby en netbal

Die fondasie word gegooi! Die graad RR&R leerders sowel as juffrouens het dit baie interessant gevind.

Die leerders het Saterdag, 18 April deelgeneem by Hoërskool Noordheuwel. Dankie dat julle ons skool se naam hoog hou! Mag julle stemme gehoor word en ulle toesprake impak gemaak het! Trots op julle!é

"It's not over until you win."♟️

"Wanneer elke blaar'n blom is, is herfs 'n tweede lente." -Albert Camus Herfsoggend 12 April 2023. Welkom terug!🍂🍁🍂🍁

5 April 2023 Vordering... Ons nuwe " Kleinskooltjie" vir Graad RR en R is in wording!! Tans is van die klassies geakkommodeer in die klasse langs die B-Rugbyveld. Ons sien uit na die eindproduk! "Verandering is nie noodwendig sleg nie; dis baie keer die geleentheid vir 'n nuwe begin."

Graad 6 - Visuele kuns: Die kat op die mat

Graad 4 Geskiedenis Kwartaal 1 "Die VERLEDE...is jou les. Die HEDE... is jou geskenk. Die TOEKOMS... is jou motivering!" ONS EIE MUSEUMUITSTALLING.

So het nog 'n kompetisie verby gevlieg. Weereens is die vlerke gespan om hierdie kompetisie te laat plaasvind. Die leerders van Laerskool Eligwa het ingekleur, geskryf, geteken en kop gekrap om 'n kans te staan om een die opwindende pryse te wen tydens die gelukstrekking. Die wat aan elke aktwiteit deelgeneem het, het op Vlerkdag die 16de Maart lekker gewone klere aangetrek. Die 3 klasse in elke fase wat die meeste inskrywings ingehandig het, het ook op vlerkdag 'n gratis ete by Amigos Spur gaan geniet. Baie dankie vir elkeen wat deelgeneem het aan die pret en baie geluk aan die verskillende wenners. Totdat die arendkompetisie weer opstyg, Arendgroete 🦅

13 Maart - Boek Buddies Lees is COOL en lees is LEKKER! Lees is die BESTE TYD wat ek het!

13 Maart - Slaapdag "Sometimes you just need to STOP and take a NAP!

10 Maart - Jesus is our SUPERHERO!

6 Maart - Ons is DANKBAAR vir ons talente en gawes! Gebruik wat God vir jou gegee het!

3 Maart - Drama en tromspeltegnieke

3 Maart - Ons staan by padpatrollie vanoggend...kyk op en mis dit amper... "SY ❤ SY liefde vir ons skool...skool van harte!"

28 Februarie - Die graad 4's maak toebroodjies in die Engelse klas en skryf hul eie resepte.

25 Februarie - Jeugland hou basaar en Laerskool Eligwa is DANKBAAR om deel te kon wees daarvan. Dankie aan ALMAL wat 'n bydra gemaak het! Ons het saamgewerk , saamgespeel, gesiggies geverf en gedeel! Trots op ons ELIGWAFAMILIE!

Wat is lekkerder as 'n Vrydagpouse en Tannie Rosy speel saam met ons?

24 Februarie - Die graad 3’s is reg om enige gestampte toon met hulle noodhulpkissies te dokter.⛑️🩹

VCSV 24 Februarie - Dit is lekker om die Here te kan dien!

21 Februarie - Graad 5D voer mimiek op oor dinge wat op die plaas gebeur. Hier is hoe sommige van hulle gelyk het.

Ons Graad 2 leerders is gesond!

17 Februarie - Die graad 4 leerders werk hard op 'n koue, stil dag!

14 Februarie 2023 - Valentynsdag Hugs & Kisses, Valentines wishes

13 Februarie - 1C My Selfportret

13 Februarie - DANKBAAR ...vir die LIEFDE! Saalopening 13/2/2023 "Wees LIEF....Leef met LIEFDE"!

10 Februarie - Reëndruppels spat....en nóg is ons trots op op ons werk! Diens met 'n glimlag! ONS TROTS!

9 Februarie - Graad 7 Skeppende Kunste - Klei maskers

8 Februarie - Graad 3D se gunsteling Suid Afrikaanse kos

VCSV 3 Februarie Loof God! Dit is Hy wat ons seën!

"In ons daaglikse lewe moet ons besef dit is nie GELUK wat ons dankbaar maak nie, maar dis DANKBAARHEID wat ons gelukkig maak!" DANKIE aan AL die Mammas wat elke dag kinderharte blymaak...Lekker pousebederfies...kospakkies!

Dit is lekker as die skoolhoof vir jou 'n storie kom lees!📚📖 #myWRAD2023

Read aloud! English grade 5📚📖 #mywrad2023

Vandag het ons leerders in al hulle vakke hardop gelees! #mywrad2023

27 Januarie - Ons leerlingraad lyk spoggerig met hulle nuwe Vrydagdrag!

26 Januarie - Graad 1-3 saalopening - Lyfie - Bernice West

Nuwe personeel

23 Januarie - Dit is lekker hier by ons graad RR en R maats! Hier leer en speel hulle ewe hard!

20 Januarie - Padpatrollie Vrydagoggend...diens met 'n glimlag! So kom ons Elies veilig oor die pad!

19 Januarie - Personeelbraai Ons onderwysers maak herinneringe bymekaar saam met gades en families! #kenmekaarbraai "Leef vandag dat jy mooi herinneringe kan hê."

11 Januarie - Ons verwelkom vandag ons leerders terug by die skool! Baie welkom aan elke nuwe leerder en ouer wat by ons Eligwa-familie aansluit! 2023 hou vir ons leerders baie uitdagings en leersame geleenthede in. Ons hoop die tasse is gepak met goeie moed vir die opwindende jaar wat voorlê. Die personeel is opgewonde om hierdie jaar die pad saam met ons leerders en ouers te stap.