Ons cheerleaders het Saterdag, 22 Oktober deelgeneem aan 90.6 se cheerleading kompetitisie. Hulle het baie lank geoefen en baie uitgesien na die groot geleentheid. Ons dogters het baie goed gedoen en het 'n 3de plek verower

Gr 4 Wiskunde

3D vorms - jellytots en tandestokkies

Spesiale dag vir oupa en ouma

Gr 4 Wiskunde

Spieëlbeeld

Beroepsdag

Ons graad 7 leerders het 9 September ‘n beroepsdag gehad waar hulle aangetrek het soos die beroep wat hulle eendag wil beoefen.

Cheerleaders

Laerskool Eligwa se cheerleaders tree vol GEES by die Lentemark op.

Baie geluk!

Spreekkoor

Laerskool Eligwa spog met hulle eerste Spreekkoor by die Vaaldriehoek kunstefees. Na baie harde werk dra hulle met trots ‘n A++.

Padda klas

Ons ryg en eet vrugte

Gr 4 wiskunde

2D vorms in ons alledaagse lewe

Gr 7 kuns

Bruikbare houers. Maak en plak van ontwerpe.

Sekretaressedag

Vandag was dit weer tyd om stil te staan en DANKIE te sê... Dankie aan vyf merkwaardige, voorslag dames in die kantoor. Hulle is die gom wat alles bymekaar hou by Eligwa. Sonder hulle sal ons hoof, personeel, leerders, werkers, ouers, distrikpersoneel, vriende en kennisse verlore wees. GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG!

Gr 4 English project

Greek Mythology speeches

Skilderkuns

Graad RR-7 leerders se kunswerke was vandag beoordeel. Dit het baie goed gegaan en ons spog met die volgende: B:12 B+:29 A:28 A+:21 A++:11

Geografie graad 4

" Ons het egter twee ore en een mond sodat ons twee keer soveel kan luister as wat ons praat."-Thomas Edison "... Ontwikkel jou sintuie - leer veral om te sien( proe). Besef dat alles verbind is aan alles anders." Sitrusvrugte: Ons leer en ervaar. Ons proe lemmetjies en wys ons "sitrusglimlag."

Erewag

Koekverkoping

Graad 2 en 3

Produksie 2000

Baie dankie aan Produksies 2000/Productions 2000 vir die vertoning! Onthou altyd: Jy het net een lewe... Hoe jy dit leef is jou keuse... Vat dit dag vir dag... Moenie jouself bevraagteken, twyfel of spyt wees nie... Jy het EEN lewe... LEEF DIT! Maak elke dag die moeite werd! Wees trots op jouself, jy verdien dit!

Cheerleaders

Graad 1 en 2 dogters neem deel aan die 90.6FM se kompetisie deel op 22 Oktober. Die meisies is hard aan die oefen!

English Grade 6

Project - Eleanor Rigby by The Beatles

Baie geluk aan ons leerders wat deelgeneem het aan die Mental Maths, Kuns en Spellathon! Ons is baie trots op julle! Sterkte ook aan Katelyn Jones, Karlien Allott en Delainey Phillips wat deelneem aan die volgende rondte!

"OPERASIE STAAN OP TEEN BOELIES" DIT STOP NOU !!!

Dankie, Jacques Gombault. Ons het geleer om te onderskei tussen 4 tipes boelies en gaan dít wat ons geleer het, toepas!

VCSV - 26 Augustus

Kom ons huppel, dans en sing 'n loflied vir ons Koning Jesus.

Cheerleaders

"SUKSES is die som van baie probeerslae wat dag na dag herhaal word." "Elies" se cheerleaders is hard aan die oefen!

Insekte

"As jy kennis het, laat ander toe om hul kerse daarmee aan te steek!" Die graad 3 klasse het hul kennis en kreatiwiteit gebruik vir pragtige insekprojekte. Ons is trots op ons graad 3's!

Entrepreneursdag

25 Augustus het ons graad 7 leerders vir hulle EBW taak entrepreneursdag gehou!

Graad 3

"Elke idee het die rigting van die verlede verander." Vandag het die graad 3-klassie bietjie in die verlede gaan "kuier."

Kunstefees

20 Augustus

English
A - 3
A+ - 18
A++ - 20

20 Augustus7

Afrikaans
A - 12
A+ - 22
A++ - 43
Ons is trots op elkeen van julle!

Twee oud-hokkiespelers en atlete. Hier by Eligwa neem ons nie net deel aan sport nie, maar smee ook hegte vriendskapbande!

Grade 6 English

English project

17 Augustus

Vandag leer die graad RR/P leerders van padveiligheid!

15 Augustus

Dit was vandag baie koud... toe maak ons 'n plan.

Saalopening Graad 4-7

Langnaweek

Saterdag 6 Augustus speel die Springbokke teen die All Blacks.

5 Augustus

VCSV

5 Augustus

Afrikaans

Die graad 5 leerders het hulle eie dialoë geskryf en dit hardop vir die klas gelees! Hier is groot potensiaal vir toekomstige akteurs en aktrises

Graad RR

Tema: insekte

VCSV

29 Julie
…Tell the world that Jesus lives Tell the world that, tell the world that Tell the world that he died for them Tell the world that he lives again...

Graad R/B

Die Bytjieklas het verskillende tipes vervoer geteken.

Graad 1-7 leerders almal saam in die saal.

Baie geluk Meneer Boshoff met u verjaarsdag wat op 4 Julie plaasgevind het. Die Elie-familie se wense vir Meneer is gesondheid, hope vrede, veiligheid, liefde en matelose voorspoed. Dankie vir alles wat Meneer vir die skool doen, om Laerskool Eligwa die BESTE te maak. Ons is bevoorreg om Meneer as ons hoof te hê.

Tydens die vakansie is die Graad RR en R terrein se muur geverf.

Kwartaal 3

Geniet die vakansie!

Baie dankie almal wat kwartaal 2 'n suksesvolle kwartaal gemaak het! U kind het vandag hul vorderingsverslae, rekeningstate en nuutste uitgawe van die koerant ontvang. Ons wil dankie sê aan Mnr Erasmus en sy redaksiespan wat so hard werk aan Die Arend! Dankie aan ons borge wat dit moontlik gemaak het om vir elke leerder 'n gratis uitgawe te kan gee. Dankie aan Spur Steak Ranches en Debonairs Pizza (Official) vir die geskenkbewyse! Dankie aan Nashua, PNA - Colour your World, LittleKingdom, Debonairs, Spur, Pro Motus Printing en dan ook ons eie snoepie vir die borg van pryse.

Hoe lank het ons nie gewag vir dié dag nie!😷 Geen maskers! 😀

#handrekomhuistoe

Here gee dat ons NOOIT gewoond sal raak aan U GROOT GENADE en liefde nie... Ons het dit nou WEEREENS raakgesien en beleef in die lewe van klein Handre, ons Vinkiekind!

Ons trek na 'n ander klas want ons klas word geverf!

Graad 4 TEGNOLOGIE Deel 2

Spreekwoord: " Moenie hokaai skree voor jy oor die brug is nie." Vir die Graad 4's was daar geen "HOKAAI"! Hul harde werk is beloon...STERK brûe is gebou!!

Graad 4 TEGNOLOGIE Deel 1

"'n Brug is 'n struktuur tussen twee punte wat oor 'n oop spasie of gaping gaan." Beplanning en harde werk begin...

Opedag

Ons wil graag elke ouer bedank wat hierdie dag saam met ons gedeel het. Dankie aan ieder en elke personneellid wat hard gewerk het, asook ons leiers. Ons hoop om al hierdie voornemende Elies volgende jaar te sien.

Koekverkoping 3 Junie

Graad 1 & 5

Hemelvaart

Graad 3 Levensvaardighede

Die lewe is beter met 'n "DOEL"! Daarom speel ons sommer netbal na LV- Assessering, want... dis ook LEKKER!

Lewensiklusse

Graad 3 - "Jy kan 'n kind elke dag 'n les leer, maar as jy hom leer om te leer deur nuuskierig te wees, sal hy aanhou leer solank hy leef."

Brandblusser instandhouding

“Accidents hurt, safety doesn't.”

Huis Siesta

'n Paar van Siesta ouetehuis se inwoners het spesiaal vir ons behoeftige kindertjies van die voedselskema serpies gebrei vir die winter. Ons kon dit regkry om sommer 'n klein boksie vol lekkernye en bederfies saam met die serpie te doen. Ons leerlingraad het die serpies ontvang en sommer lekker saam gekuier! 'n Spesiale dankie vir Ellenize Ebersöhn en Anke Aucamp wat voorgeloop het, Juffrou Goss (Voedingskema organiseerder), al die mammas en leiers wat deel was van die projek. Baie dankie vir die tyd wat julle afstaan om terug te sit in die gemeenskap!

Karnaval Wenners

Graad 6 Engels

Gr6'e het die week Questionnaires opgestel and Surveys in klas gedoen.. “Learning never exhausts the mind.”

Graad 3's se gunsteling kosse

Al wat ons kinders nodig het is: Tyd , Lag , Kos van HUL keuse en... LIEFDE!

.

Kleidiere

Ons Graad 2 leerders bou hulle gunsteling dier met klei.

Paasfees

Ons leerders was 14 April in die Paasfees gees

Dramakursus vir opvoeders

Ons onderwysers het Vrydag en Saterdag opleiding ontvang om hulle voor te berei vir die afrigting van die verskeie items vir die komende Kunstefees. Baie dankie aan Hilda Kloppers wat haar wysheid met ons kom deel het. Dit was regtig 'n lekker en insiggewende 2 dae. "We must all do theatre, to find out who we are, and to discover who we could become." - Augusto Boal

Bankies

Die lekkerste tyd van die dag is natuurlik pouse! Nou kan ons in styl sit en ons pouses geniet.

Kaskar

Graad 5 leerders oefen vir die 5de Mei se kaskar wedren.

Funky hats and hair

Woensdag, 16 Maart het ons graad R & RR leerders "funky" hoede en hare gehad.

Dasdag

Dinsdag, 15 Maart hou Eligwa 'n dasdag. Die leerders het dit geniet om hulle kreatiewe en kleurvolle dasse te wys.

Karnaval

Ons kan nie meer wag vir die groot gebeurtenis nie! Ons het Vrydag, 11 Maart die leerders so voorsmakie gegee van wat hulle by die karnaval kan verwag!

Graad R & RR leerders kry 'n besoeker

i-Water het kom kuier. Droppie het vir elke graad R en RR leerder 'n gratis botteltjie water gegee!

29 April

Boomplantdag
Vandag het Eligwa-leerders geleentheid gekry om internasionale dansdag te vier. Onnies en leerders het geskoffel gedurende 2de pouse

Hoofleiers

25 April

VCSV

22 April

Grade 5 English

Learning can be fun! Listening to and following instructions - How to make a paper chain. Reading instructions! How to play Diketo.

Boek Buddies

LEES, LEES, LEES, want dit maak jou SLIM!

Koekverkoping

Vrydag, 4 Maart het ons Graad RR/R en Graad 7 leerders koekverkoping gehad! Baie dankie aan elke ouer en kind wat die geleentheid so groot sukses gemaak het!

Saalbyeenkoms na 2 jaar

Ons is so dankbaar om nader te beweeg aan "normaal". 21 Februarie was daar weer 'n saalopening vir graad 4-7 leerders.

Graad 3 Engels

In grade 3 we believe... All ANYONE really wants in this LIFE , is to sit in PEACE and eat his or her FAVOURITE SANDWICH!

Cupcakes for Hope

Baie dankie aan elkeen wat bygedra het tot Laerskool Eligwa se jaarlikse poging om "Cupcakes 4 Kids with Cancer" te ondersteun

Valentynsdag

14 Februarie was 'n besige dag by ons skool. Die leerders het kaartjies gemaak, "cupcakes" gekry en mooi aangetrek. Die leerlingraad het die onderwysers 1ste pouse bederf met skons wat hulle slef gebak het. 2de pouse was daar weer lekker eetgoed, voorsien deur die verversingskomitee.

Graad 7 Kunsprojekte

Die leerders het maskers gemaak van klei en herwinbare materiale.

Simmetrie

Die Graad R leerders leer van simmetrie.

Graad 4 Geskiedenis

"Die VERLEDE is waar jy lesse leer... Die TOEKOMS is waar jy die lesse toepas. Moenie in die middel opgee nie.( Die HEDE)!"

Ons eet gesond

Graad 2 leerders eet gesond. Té mooi om te eet!

VCSV

Op Vrydag, 4 Februarie het die Vcsv uiteindelik weer begin! So lekker om saam die Here te kan loof en prys by die skool!

Gemengde emosies

Vandag het die graad-3's hul kunsprojekte "met gemengde emosies" aangepak!

Graad 1A leer die d-klank

Eers die donut en dan die besem. Ons weet hoe om die d-klank te maak en vir ons hardewerk kry ons elkeen 'n donut.

Ons bou gesiggies

Graad 1K se gesiggies

Wêreld Hardop Lees Dag

Ons leerders het 2 Februarie in verskillende vakke hardop gelees om hierdie dag te vier.

Tweelinge

Ons spog met 10 paar tweelinge die jaar.Vir hulle is alles dubbel só lekker. Eenders, maar anders​​.

My eerste dag in Graad R/RR

11 Januarie 2022 meld die graad R/RR leerders aan vir oriëntasie. Na vandag is hulle gereed vir die skooljaar wat voorlê.

Grade 6 English