Assesseringstoetse sal soos in die verlede op Dinsdae en Donderdae geskryf word. Dit haal druk van die leerlinge, ouers en personeel af omrede dit dus oor die hele kwartaal versprei sal wees. Kleiner toetse sal wel ook op ander dae geskryf word. Neem asseblief kennis dat skool normaalweg sal voortgaan na afloop van die assessering en dat GEEN kind uitgeteken mag word na afloop van die assessering nie, omrede personeel voortgaan met klasaanbiedings ten einde die sillabus te voltooi. Volgehoue en pligsgetroue werk dwarsdeur die jaar bepaal sukses en nie net die formele assesseringsgeleenthede nie.
DUX LEERLING 2021
Krystal Brenkman
DUX LEERLING 2020
Zandrie Griesel
VAKTOEKENINGS
Danika Velloen Micah vd westhuizen Blayne Bothma