Die Arend – 26 November 2021
Die Arend – 24 Junie 2022
Die Arend – 9 Desember 2022
Arend 2023.1

2023

So het nog 'n kompetisie verby gevlieg. Weereens is die vlerke gespan om hierdie kompetisie te laat plaasvind. Die leerders van Laerskool Eligwa het ingekleur, geskryf, geteken en kop gekrap om 'n kans te staan om een die opwindende pryse te wen tydens die gelukstrekking. Die wat aan elke aktwiteit deelgeneem het, het op Vlerkdag die 16de Maart lekker gewone klere aangetrek. Die 3 klasse in elke fase wat die meeste inskrywings ingehandig het, het ook op vlerkdag 'n gratis ete by Amigos Spur gaan geniet. Baie dankie vir elkeen wat deelgeneem het aan die pret en baie geluk aan die verskillende wenners. Totdat die arendkompetisie weer opstyg, Arendgroete 🦅

Arend kompetisie
Redaksiespan 2023

2022

Die gelukstrekking het plaasgevind, en die wenners is aangekondig. Baie geluk aan die twee leerders wat ń R100 gewen het, en baie dankie vir elkeen wat deelgeneem het aan die google forms. Dalk sien jy jou naam binnekort in “Die Arend” skoolkoerant!

Die Arend het vandag sy eerste onderhoud virtueel gevoer. 'n Trotse tradisie het vir ons skoolkoerant begin met Laerskool Eligwa se hoofdogter en sportster: Kaylee Vermeulen. Die redaksiespan het in gesprek getree met haar oor haar hokkieloopbaan by Laerskool Eligwa, sowel as haar hokkie prestasies buite die skool. Dankie aan ons eregas: Kaylee Vermeulen, dit was lekker om met jou te gesels. Dankie ook aan die redaksiespan vir julle tyd en opoffering. Dit was pret!

13 Mei - Die redaksiespan raak betrokke by die gemeenskap. Ons sorteer hierdie klere sodat dit gewas kan word en dan by die behoeftiges kan uitkom. Dankie aan elke Eligwa gesin wat geskenk het, en ook dankie aan Adopt Aware SA vir die geleentheid om 'n verskil te maak. Streef steers hoër!

Hiermee die kompetisiewenners van 2022 se Arendkompetisie! Baie geluk!

Die redaksiespan van 2022 het opgestyg, en werk reeds hard om vir Laerskool Eligwa die tweede uitgawe van die Arend skoolkoerant te bring. Die Arende sit koppe bymekaar om die koerant se kompetisie te loods, wat beloof om prettig en uitdagend te wees. Wees op die uitkyk vir verdere ontwikkelinge! Arendgroete

Redaksiespan 2022