1. Kleure
Die feit dat die kleure perfek harmonieer en tot ‘n pragtige eindproduk saamsmelt, simboliseer dat…
* diversiteit tog uiteindelik in ‘n pragtige eenheid verweef kan word.
* ons ons daartoe verbind het om alle kulture te akkommodeer

2. Groot skild
Die groot skild simboliseer dat ons, danksy ons geloof in ons God, geharnas teen die bose aanslae van die lewe is.

3. Klein skild
Die klein skild simboliseer dat kennis mag is en dat geletterdheid en gesyferdheid jou paraat maak en die skild is wat die gevaar van oorheersing deur een of ‘n groep persone sal afweer.

4. Visarend
Die visarend simboliseer dat…
* ons voortdurend daarna sal strewe om steeds hoër te reik, totdat die boonste sport bereik is.
* soos hy sy prooi vanuit die lug gewaar, ons ook altyd bewus moet wees van wat op grondvlak gebeur, en alle verwikkelinge   met arendsoë moet dophou. Dit moet egter sonder enige hooghartigheid geskied met die uitsluitlike doel om te wéét wat   aangaan, sodat ons die régte keuses in die lewe kan maak.

5. Lint
Die opwaartse tendens wat die lint toon, is om ons almal se strewes na groot hoogtes te ondersteun.
Die deining van die lint simboliseer die golwing van die water – die noodsaaklikste voedingsbron van alle vorms van lewe. Ewe-eens is Eligwa-skool ‘n noodsaaklike bron van kennis wat die grondslag lê en dit ten doel het om sy leerders vir die toekoms te skool en te sterk!