Minihokkiedag

Ons geliefde gelukbringer, Barend, het sy verskyning gemaak by DF Malherbe se Quick 6 en minihokkiedag! Die opwinding het geen perke geken nie, en Barend het die atmosfeer met sy vreugde vervul. Ons is dankbaar dat hy deel kon wees van hierdie spesiale dag vol sport en kameraadskap. 🏑 #DFMalherbeHokkie #BarendBesoek

Sterkte aan ons twee spanne wat vandag by Walter Sisuly Hall in Randburg deelneem aan die Gauteng Skaakkampioenskappe!

Baie geluk aan ons skaakspanne wat Saterdag deelgeneem het aan die Sedibeng kampioenskappe. Die O/9 span verwerf 'n 1ste plek en die O/11 span 'n 2de plek! Trots op julle!

Eerstespan vs Parys Die manne speel hard...die ouers ondersteun geesdriftig! Dankie vir jul mooi gees seuns! Dankie vir jul ondersteuning! Dankie Mnr. Hendrik!

LANDLOOP 2O23 Vrydag 4 Augustus 2023- Te Kollegepark Boodskap van Mnr. Reon Erasmus: Geagte ouers, die gewone byeenkomste het nou tot 'n einde gekom. Ek wil graag die volgende bedankings maak: Baie dankie aan elke leerder wat oor die afgelope twee weke deelgeneem het. Dankie vir die volharding en gees. Ek hoop en glo dat julle die uitdaging geniet het. Ook baie dankie aan die ouers wat die geleentheid vir julle kinders gun, en hulle so mooi ondersteun. Baie dankie aan Nelmari, vir jou afrigting, en die tyd wat jy met die kiddies insit, dit word baie waardeer. Juffrou Jakkie, baie dankie vir juffrou se voorbereiding met die plakkertjies, en ook vir juffrou se ondersteuning en aanmoediging. Juffrou is great. 🏃‍♂️🏃🏃‍♀️🏃‍♂️🏃🏃‍♀️🏃‍♂️🏃🏃‍♀️🏃‍♂️

Sterkte aan ons krieketspelers wat met die liga begin. Ons hou vir julle duim vas!

Geniet julle wedstryde!

Eligwa maak geskiedenis! Ons eerste landloopatlete OOIT! 🏃‍♂️🏃‍♀️👟

Sterkte aan die hokkieseuns en -dogters wat met die liga begin. Gee julle bes en geniet dit!

Baie geluk Jonty! Hy 'n 2de plek behaal!

RHINO WEEK HOKKIE 2023🏑🏑 Baie geluk aan ons 0/11 seunsspan! Hulle is algeheel 3de van die 0/11 seunsspanne. Dogters 0/11: Cadence De Villiers is aangewys as die BESTE 0/11 Doelwagter van die toernooi! BAIE GELUK ! Ons is só TROTS OP ELKEEN VAN ONS KINDERS! DANKIE ook aan al ons afrigters! #ELIETROTS

RHINO WEEK RUGBY 2023🏉🏉 0/13 VDB TIGERS: Baie geluk aan ons seuns en hul spanmaats. Hierdie span eindig algeheel 4de in die toernooi van 16 spanne! ( Wen die Sasol- en Vereenigingspanne) O/12 VBP TIGERS Baie geluk ook aan hulle en hul spanmaats! Hulle eindig algeheel 5de in die toernooi van 12 spanne. Goeie spanwerk...nuwe vriedskapsbande is gesmee... inskerping van goeie vaardighede! BAIE DANKIE ook aan ons afrigters vir hul reuse aandeel en opoffering! Mnr. Hendrik Botha ( 0/13), Mnr. Dirk Visser en Mnr. Herman Viljoen (0/12) #ELIETROTS #ELIETIGERS

RHINO WEEK 2023🏉🏉 Baie geluk aan ons 0/13- en 0/12 - Rugbyseuns wat aan die Rhino Week deelneem. Albei spanne het vandag soos TIERS gespeel... net soos hul spannaam ...Die VDB TIGERS! Uitslae: 0/12 VDB TIGERS wen teen die TITANS 17-0 0/ 12 VDB TIGERS verloor naelskraap teen die WILDEHONDE 0/13 VDB TIGERS wen teen die MIDVAAL RATELS 10-5. Sterkte met jul wedstryde verder. Dankie Mnr. Dirk Visser, Mnr. Herman Viljoen, en Mnr. Hendrik Botha vir jul betrokkenheid. #ELIETROTS #ELIETIGERS

HOKKIE 2023 CAMP DISCOVERY Ons hokkiespelers trotseer die koue🥶...Gretig om hul hokkievaardighede te verbeter! Doen so voort!🏑🏑🏑

HOKKIE 2023 Ons seuns- en dogtershokkie se eerste spanne is gereed🏑🏑!! Sterkte aan al die spelers asook al die afrigters! ( Mnr Visser, Mnr Erasmus, Juffrou Kühn en Juffrou Wiese) Geniet jul tydjie saam... die harde werk en lekker speel, by Camp Discovery.

Trots op jou Jonty!

Hokkie

"Om te GEE is GOED vir JOU en vir ANDER. Dit bevorder SAMEWERKING en VRIENDSKAP!" Baie dankie vir elkeen se bydrae, tyd en samewerking! Dankie aan Amigo Spur Steak Ranch se personeel, elke personeellid van Laerskool Eligwa , ouers , vriende enlede van.die publiek vir u ondersteuning. Ons dogterspan en agrigters waardeer !!

Seunshokkie 21/6/023 Seuns, onthou ALTYD: "TALENT wen wedstryde, maar SPANWERK en intelligesie wen kampioenskappe!" Julle het mooi saamgewerk vanaand! Baie dankie vir al u ondersteuning vanaand liewe ouers, familie , vriende, afrigters, personeel en gemeenskap. Dankie ook aan Amigo Spur Steak Ranch en personeel vir nóg 'n vriendelike ontvangs. Die span en afrigters waardeer.

Netbal - Baie geluk!

26 Mei - RUGBYDAG by Laerskool Eligwa! Vanaand speel die STORMERS teen MUNSTER in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap. Almal is nie Stormerondersteuners nie, maar ons staan bankvas agter hulle, want dis "ONS" MENSE!🏈🏈

HOKKIE 2023 O/11 Proewe.🏑🏑🏑 " It's not how BIG you are ...it's how BIG you PLAY!" Ons ELIES is gemotiveerd!

Skaakuitslae van die naweek: Ryan O'kelly O/13 Seuns 1ste Plek Thomas Floor O/11 Seuns 1ste Plek Oscar Harmse O/11 Seuns 2de Plek Kiara Geyser O/13 Dogters 12de Plek Avery Gorrie O/11 Dogters 2de Plek Baie geluk met die pragtige uitslae! Ryan O'kelly, Thomas Floor, Oscar Harmse en Avery Gorrie gaan deur vir die Gauteng Individuele Skaak Toernooi wat Saterdag plaasvind.

Eligwa se spelers by die D8 Individuele Skaaktoernooi. Sterkte en geniet dit!

Baie geluk Jonty Farrell! 1ste plek by die 0/16 skaakope. Ons is trots op jou!

13 Mei Mini-rugby

12 Mei Mini-netbal

11 Mei - Netbal

9 Mei - Rugby

Ons 1ste netbalspan lyk spoggerig met hulle nuwe rokkies!

6 Mei - Mini-rugby en mini-netbal

Netbal - 4 Mei

Rugby - 25 April

Netbal - 25 April

Rugbyliga

Netballiga

19 April -Baie geluk aan al ons skaakspanne! Julle is tops!

Skaakliga

Ons is baie trots op julle!

24 Maart - Toerspanne is gereed om te gaan toer... Die o/11 en o/13 seuns het vertrek! Geniet die toer! Mag God julle veilig by julle bestemming bring en Sy hand van beskerming oor julle wees!

AANDAG ALLE SKOLE IN DIE VAALDRIEHOEK! Die onderwysers het vandag teen die graad 7 leerders raakrugby en netbal gespeel. Ons wil die skole in die Vaaldriehoek uitdaag om teen ons onderwysers te kom raakrugby en netbal speel tydens ons karnaval (21 April). Gebruik die skakel vir die inskrywingsvorm.

23 Maart - NETBALSPAN 0/13 Fondsinsameling Baie dankie Panarottis Vaal Mall, vir die groot voorreg... "Shadow shift"! Ons spannetjie het hulself oortref en gewys HOE spanwerk MOET WEES! BAIE DANKIE ook aan al ons ouers, vriende, familie, onderwysers en lede van die publiek vir u ondersteuning. Ons dogters en afrigters waardeer!

22 Maart - Eligwa mini-sportdag

17 Maart - Die tyd het uiteindelik aangebreek vir die toer! Die o/9 & o/10 seuns is gereed vir die pret wat wag.Geniet die toer! Ons wens elkeen 'n voorspoedige reis toe met God aan die stuur van die bussies.

Baie geluk Juffrou Tammy!!

Baie geluk , Juffrou Tammy Leonard! Ons Eligwafamilie is sommer BAIE TROTS op jou! Vandag het sy derde plek verower in hammergooi met 'n afstand van 58, 98m tydens die Suid-Afrikaanse senior kampioenskapsbyeenkoms in Potchefstroom. Sy het haar persoonlike beste afstand met amper 4m verbeter! ELIGWA TROTS!! Foto: Tydens medalje oorhandiging.

Almal maak gereed of is GEREED! Dankie aan elke persoon se bydrae om hierdie geleentheid moontlik te kon maak. Dankie ook aan al die skole wat deelgeneem het. Volgende jaar DOEN ons dit WEER!! Mag dit goed gaan met elke wedstryd in die toekoms!

6 Maart - D8 Netbalproewe

3 Maart - Aandreeks

27 Februarie - 2 Maart Laerskool Emfulenipark Netbal- Aandreeks "TEAMWORK MAKES THE DREAM WORK"

Atletiek - Guateng Kampioenskappe

Ons atlete het baie goed gevaar by die Interlaer! Baie geluk en sterkte aan die atlete wat deurdring na die volgende byeenkoms. Ons is trots op julle! 💙 🤍 💚 🏃🏃‍♂️🏃‍♀️

Ons netbalkliniek was 'n reuse sukses! Baie dankie vir elkeen wat deel was! Die dogters het baie geleer en is nou goed toegerus vir die netbalseisoen wat voorlê. Baie dankie aan Amanda Dreyer en haar span wat soveel moeite en liefde ingesit het!

8 Februarie
Graad 4-7 skaakspelers hard aan die oefen.♟️🤍

Die proewe vir die eerstespan hokkieseuns het Maandag, 6 Februarie plaasgevind. Hope talent is raakgesien en die afrigters het moeilike besluit om te maak. 🏑

"Wanneer jy die gees van 'n atleet het, het jy 'n hoop op die lewe." Max Popper

Bring die water, bring die sand! Hierdie atlete is aan die brand! 🔥

Ons onderwysers maak herinneringe bymekaar! Atletiek byeenkoms teen Laerskool Totius en Laerskool DF Malherbe. " Herinneringe is skatte wat ons diep in ons siele wegsit om ons harte warm te hou..."

Die proewe vir die eerstespan hokkiemeisies het Donderdag, 26 Januarie plaasgevind. Hope talent is raakgesien en die afrigters het moeilike besluit om te maak. 🏑

13 Januarie - Baie dankie vir 'n lekker Huissport vol sonksyn en glimlagte. 💙💚🤍 🏃🏃‍♂️🏃‍♀️"Win if you can, lose if you must, but never quit." - Cameron Trammell