Laerskool Eligwa is ‘n skool met hart en daarom is ons skool se Voedingskema vir ons baie belangrik. 

Tydens skooltyd word daar pouses aan behoeftige leerders kospakkies uit die kombuis voorsien. Hierdie kospakkies word moontlik gemaak deur ouers , instansies en ander mense in die gemeenskap wat bereid is om vrywilliglik pouse kospakkies aan die skool te voorsien.

Indien u graag sal wil betrokke raak by ons Voedingskema deur van hierdie pouse kospakkies te voorsien, besoek of kontak gerus ons skool kantoor en gee dan u naam en nommer deur vir Juffrou Bianca Goss se aandag. U sal dan gekontak word met die nodige inligting.

Indien u dalk net ‘n finansiële bydrae wil maak, kan daar in die volgende rekening ‘n inbetaling maak:

PORTO GROCER

ABSA

530181235

Verwysing : ELIGWA

Stuur asb bewys van betaling na hester2u@gmail.com.

Die finansiële skenkings in die fonds word aangewend vir  kospakkies en skryfbehoeftes vir ons behoeftige gesinne.

Al ons Eligwa leerders en gesinne lê ons baie na aan die hart en elke bydrae tot ons Voedingskema word opreg waardeer.

Groete

Eligwa Voedingskema Span

Kliek hier vir meer inligting