Ons wil graag 'n vriendelike beroep op u doen om asseblief u kinders netjies in skooldrag geklee skool toe te stuur. Dit bevorder dissipline by die skool en skep ook 'n eenheidsgevoel onder die leerders. Ons verskaffers van skooldrag is Ekspaar en MG's Schoolwear in Vanderbijlpark.


SOMERSDRAG
WINTERSDRAG
VRYDAGDRAG

SOMERSDRAG
Dogters
1. Navy broekromp, wit hemp, das, kleurbaajie met navy kouse en swart skoolskoene
2. Navy broekromp, wit hemp, met navy kouse en swart skoolskoene
3. Navy broekromp, wit hemp, oortrektrui met navy kouse en swart skoolskoene
Navy trui of drimac vir koeler dae
Seuns
1. Grys kortbroek, wit hemp, das, kleurbaajie met lang grys kouse en swart skoolskoene
2. Grys kortbroek, wit hemp met lang grys kouse en swart skoolskoene
3. Grys kortbroek, wit hemp, das, oortrektrui met lang grys kouse en swart skoolskoene
Navy trui of drimac vir koeler dae
WINTERSDRAG
Dogters
grys langbroek (‘n dogterssnit is beskikbaar)
1. Sweetpak, wit hemp met das, navy of grys kouse met wit, swart of navy tekkies
2. Grys langbroek, wit hemp, das, drimac, grys kouse en swart skoolskoene
3. Grys langbroek, wit hemp, das, sweetpak baadjie, grys kouse en swart skoolskoene
4. Broekromp, navy sykouse, wit hemp, das, trui / oortrektrui, kleurbaadjie met swart skoolskoene
5. Broekromp, navy sykouse, wit hemp, das, trui met swart skoolskoene
Seuns
1. Grys langbroek, wit hemp, das, sweetpak baadjie, grys kouse en swart skoolskoene
2. Grys langbroek, wit hemp, das, drimac, grys kouse en swart skoolskoene
3. Grys langbroek, wit hemp, das, trui / oortrektrui, kleurbaadjie met grys kouse en swart skoolskoene
4. Grys langbroek, wit hemp, das, trui / oortrektrui met grys kouse en swart skoolskoene
5. Sweetpak, wit hemp met das, navy of grys kouse met wit, swart of navy tekkies
Vrydagdrag
Leerlinge mag hul Vrydagdrag op Vrydae dra. Leerlinge wat Provinsiale kleure verwerf het in ‘n bepaalde sportkode, mag ook die T-hemp saam met die nuwe kortbroek dra.