LAERSKOOL ELIGWA is bevoorreg om ‘n Opvoedkundige Sielkundige op die perseel te hê. Heleneze van Zyl is in diens van die skool en is Woensdae en Donderdae beskikbaar per afspraak. Hierdie is ‘n gratis diens wat deur die skool gelewer word en ouers is welkom om daarvan gebruik te maak.

Dit is vir ons skool belangrik dat ons kinders gelukkige kinders moet wees by die huis sowel as by die skool. Hulle moet vry wees van sorge en bekommernisse sodat hulle al hul energie, fisies sowel as emosioneel, kan aanwend om optimaal te presteer op akademiese sowel as nie-akademiese gebied.

Om ons kinders in hierdie opsig by te staan en te ondersteun, is die dienste van die Opvoedkundige Sielkundige by die skool beskikbaar.