Visie

Ons visie is om die skool uit te bou tot ‘n ideale opvoedings- en onderrigmilieu waar leerders gelukkig en geborge, geletterd en gesyferd kan raak.

Missie

Om in samewerking met alle belanghebbendes al die skool se aktiwiteite op ‘n gelukkige en opvoedkundige waardestelsel te grondves en respek teenoor alle kliënte te betoon. Die skep van ‘n stabiele, netjiese en gelukkige omgewing waar alle leerders hulle talente kan ontwikkel. Om alle onderwysvennote saam te laat werk om kwaliteit-, kreatiewe- en innoverende onderrig te voorsien. Om koste-effektief te wees, sodat alle leerders, sonder énkele uitsondering, toegang tot goeie onderwys kan hê. Die leerders moet in ‘n netjiese, goedgeorganiseerde, vriendelike en veilige onderrigmilieu tot volwassenheid kan groei.